“Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.” ( 1 Pet 3:15)
Wat lewe in jou?
Los gedagtes op Asem se spoor
As meubels kon praat
‘n Groet-moment by die kis voor die lykswa vir oulaas vertrek. Vandag was weer vir my so ‘n kis-oomblik toe hulle pa se twee laaikaste en chevaal kom wegry het pandtjiewinkel toe. Ek wou amper weer vir oulaas oor die hout streel en die herinneringe in die stof aan my vingers vasvang.
Legkaart van die Lewe
Ons is telkens so besig om ons eie lewe te beplan en te bou, dat ons soms die hele prentjie miskyk. Maar kyk ons op, sien ons die Legkaartmaker wat vir ons ‘n spesiale toekoms en verwagting wil gee en wil help bou. (Jer. 29:11)
Google Straat-kykers
Google bied al ‘n geruime tyd gratis aanlyn padkaarte vir nie-kommersiële gebruik aan sodat ek en jy ons roetes kan beplan hetsy ons nou per voet, motor, fiets of publieke vervoer gaan reis. Aanvanklik het Google satellietbeelde gebruik om kaarte ‘n groter visuele element te gee. Die visuele en pret-faktor is uitgebrei met die koms van Google Street View. Sedert Mei 2007 deurkruis Google voertuie met gemonteerde kameras en GPS-toestelle, strate regoor die wêreld, opsoek na foto-materiaal vir meer virtuele padkaarte en navigasie. Nie alleen kan jy Google Maps gebruik om die roete na jou nuwe werksonderhoud te beplan nie, jy kan ook kyk waar jy dink die baas dalk sy motor parkeer.
Waag om te lewe!
Deelgoed het aanvanklik ook in my kop kom lê omdat ek graag met mense wil deel wat ek lees en kyk en beleef. Ek wil met my leke resensies oefen om te skryf en myself leer om te reflekteer en te verwoord en hopelik myself dwing om dieper te ervaar. Die lewe is te duur vir vinnig kou en uitspoeg sonder om te proe. Ek wil my chappies kou, en kou en rondrol in my mond sonder spyt vir te vroeg en te vlak ervaar.
Sout, water en wonderwerke
Moeder Raaf skryf hierdie jaar weer na byna drie dekades graad 4 eksamen. Die week stoei ek en my oudste deur die Wetenskap en leer van soute in seewater. Gewone tafelsout (natriumchloried) is een van die soute wat opgelos is in seewater. Saam verwonder ons ons aan die Dooie See met sy uitermatige hoë soutkonsentrasie, 8 keer souter as seewater. Dit word veroorsaak deur hoë omgewingstemperature, verdamping en relatiewe min varswater-inloop. Daar kan vakansiegangers in die water ronddryf sonder enige inspanning.
Aäron se kierie
Soms voel dit of die winter van die lewe my gaan verswelg en vir ewig in sy ongenaakbare greep gaan vasklem. Die koue van seerkry en alleen worstel maak my hart dood en gevoelloos soos dom vingers op ‘n wintersoggend. Soms is daar ‘n sprankie hittehoop wat nuwe lewe laat spruit. Ironies egter dat die swartste ryp die geringste nuutprobeer vir altyd wil stilmaak totdat ek, te bang om weer te waag, vaalwit in ‘n hoekie gaan sit, of meganies ongesiens deur die lewe sleep. Oënskynlik in takt maar hopeloos sonder impak.
Dinge sê nie alles nie, maar dit sê baie…
Ek weet ‘n mens is baie meer as jou besittings maar daar is dinge wat mens besit wat jou tog uniek identifiseer en uitken vir die wat saam met jou leef… Ek het dit vandag weer besef toe ek ‘n wit Toyota Corolla sien, soos my pa se ou motor. Ek kon my verbeel ek sien hom agter die stuur sit met sy bruin geruite tweed pet wat sy bles teen die son en koue beskerm.
Oorvloed in die teenspoed
‘n wit aronskelk, onthou ons dat Sy liefde nooit verwelk
al voel die riet geknak en die lamppit doof –
Sy oor sal altyd hoor…


