Saksofoonklanke en musiek vir die hart 1


Verlede jaar met my veertigste verjaardag het ‘n vriendin my verseker dat daar ‘n opwindende nuwe era vir my aangebreek het. Vir haar het daar persoonlik ook ‘n paar pennies begin dieper val op dié ouderdom. Haar verhouding met die Here en roeping het ‘n ryker nuwe dimensie bygekry. Ek het my eerste jaar in die vierde dekade van ek-wees baie intens beleef met heelwat persoonlike groei. Miskien sal ek later van die beleef van die jaar kom deel hier op Deelgoed.

Daar is dalk sommiges van julle wat gehoor het dat ek onlangs op hierdie gevierde ouderdom leer om saksofoon te speel! Laat ek egter die geskiedenis terugloop tot by my Laerskooldae. Agter in die huis, in die hoek van ons eetkamer het die regop Otto Bach klavier gestaan. Soos baie maats van daardie tyd was klavierles deel van my vormingsjare. Ek het gevorder tot aan die begin van Unisa graad 3 eksamen. Ek was egter ‘n musikale probleemkind. Ek het dit nie geniet nie, nie juis geoefen nie en was sekerlik my musiekonderwyser se nagmerrie. Met die instap in die Hoërskool het ek besluit om uit te stap op die musiekdrome wat my ouers vir my gehad het. Noodgedwonge het ek die note neergelê en begin hardloop in ‘n ander rigting.

Ek kon my musiekkennis egter weer gebruik toe ek in matriek ‘n program vir die rekenaarolimpiade moes skryf waar ek FAK-liedjies deel gemaak het van my opvoedkundige bye-speletjie. Ek het glad ‘n eerste prys losgeslaan wat aan my ‘n 286 rekenaar sonder ‘n hardeskyf besorg het maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…

Die Here het vir my ‘n musikale man gegee wat klavier, keyboard en kitaar kan speel. Ek was dankbaar daaroor en het gehoop dat my swakker musiekgene darem bietjie uitgekanseleer sou word veral as ek bydra tot die breingene in ons kinders. Twee jaar gelede besluit Pieter om ons gesin se musiekale belewenis uit te brei en koop djembes en conga dromme, viool vir Talita en baskitaar vir hom. Ek voel ‘n kriewel hier van die toon af opkruip. Wat van ‘n… saksofoon? Kan ek nie dalk oor begin nie? Dalk sal my musiekman my kan help om te ondek wat ek nog altyd gemis het. Ons koop toe vir my ‘n alt saksofoon.

Ek giet ‘n nuwe herhaalfrase in my gedagtes wat ek begin uitspreek en deel, dalk om mense te waarsku en voor te berei vir wat wag.

Jy hoef nie noodwendig die beste in iets te wees om dit te geniet nie!

Ek het met saksofoonlesse begin. Aanvanklik het Pieter gesê ek klink soos n gans… Later het hy gereken ek klink darem al gans anders!! Seker maar omdat hy besef het watter gans die goue eiers lê… Ek het gevorder tot by Mary had a little LambDaar was klank en kopkennis maar geen openbaring of diep vreugde nie!

Toe kom die Tabletskool. Toe trek ons. Toe gebeur die lewe. Toe verloor die gans sy glans en my nuwe droom trek n stofbersie oor sy kop. Van daardie met lang selfbejammering en condemnation fraaiingpunte. Ek is nie goed genoeg nie, ek moes nooit probeer het nie, maal die leuens. Ek het al begin planne maak om die instrument iewers in my huis op te hang net vir die mooi. Kyk, dis darem ‘n asemrowende unieke instrument sonder gelyke. Nes van die IT seuns in my klas lieries kan raak oor blink motorfietse of opgewonde vertel van die net-net raak sokkerdoel in die laaste minuut van ‘n ligafinaal, het die instrument met die baie knoppies my bly trek en bekoor. Sy blink lyf met die soms uiters spoggerige grafeerwerk. Die ivoor / perlemoen knoppies sommer net vir vertoon. Die rooi of groen kuiltjies in die lae B en B mol sleutelkleppe wat vaagweg herinner aan ‘n goue knypies bril.

‘n Week en 3 dae terug het ek egter weer begin met les by die finomenale Bella! Die keer was dit anders. Sommer van die begin af. Verbasend wat die regte onderwyser doen. Ek leer om die musiek te hoor, te voel, te geniet. Om nie bang te wees om foute te maak nie. Ek het selfs gisteraand saam met klavierbegeleiding gespeel!!! Dit was merkwaardig!! Ek maak nog baaaaie foute. Maar ek begin die musiek hoor (baie effens en nie elke keer nie) en ek mag saamspeel. Saam met Bella, saam met Pieter, selfs Dawid kom timmer soms saam op die Conga dromme langs die klavier as ek oefen. Ek is nog bang om dit te geniet en heeltemal te ontspan maar daar is iets opwindends wat wink en ek weet ek gaan ingee!

John 15:7-10  But if you make yourselves at home with me and my words are at home in you, you can be sure that whatever you ask will be listened to and acted upon.

Ek het hierdie afgelope week v d eerste keer in my hele lewe elke liewe dag geoefen. Nie omdat ek moes nie, maar omdat ek wou! Nie omdat elke dag n rasende sukses was nie maar omdat ek besef het dat as ek tyd spandeer met my instrument ek sal groei!

Saterdagaand toe ek Joh 15 in die Message lees besef ek dat ons onsself maar mag tuismaak in Sy teenwoordigheid. Ons mag ons skoene uitskop. Sy Woord vashou, bekyk, bewonder al het dit nog nie deurgebreek in ons eie gees of fisiese situasie nie. Ek mag Sy teenwoordigheid geniet, al het ek nog ‘n laaaang pad om te groei.

Die Strongs verwysing in my NKJV verduidelik die Grieks vir Abide in me met: to stay (in a given place, state, relation or expectancy) abide, continue, dwell, endure, be present, remain, stand, tarry for thine own, remain, dwell, continue.

Bly in Hom totdat jy vrug dra, terwyl jy vrug dra en selfs al dra jy nie vrug nie want die deurbraak sal kom! Nie noodwendig vandag nie, maar verseker.

This is how my Father shows who he is––when you produce grapes, when you mature as my disciples. I’ve loved you the way my Father has loved me. Make yourselves at home in my love. If you keep my commands, you’ll remain intimately at home in my love. That’s what I’ve done––kept my Father’s commands and made myself at home in his love.

Die Here praat soms met mens deur jou passies, stokperdjies en dinge na aan jou hart want Hy weet dat die grootste menslike vervulling en passie eintlik ‘n verhouding met Hom is! Hy weet dan mens se ore en hart anders werk as dit by passie-dinge kom. Ek het nog baie saksofoon stories maar ek sal dit so mettertyd met julle deel. Van die gommerige G#, die oefening van die swakste pinkie vir belangrike note. Van dink tot by die lae C en die verband tussen begeleiding en die Heilige Gees. Ek maak die stories bymekaar en sal deel tot julle moeg word.

 Isaiah 54:3-4 You’re going to need lots of elbow room for your growing family. You’re going to take over whole nations; you’re going to resettle abandoned cities.

Don’t be afraid––you’re not going to be embarrassed. Don’t hold back––you’re not going to come up short.

You’ll forget all about the humiliations of your youth, and the indignities of being a widow will fade from memory.

Mag ons vandag ons kapasiteit en verwagting vergroot en wag op Hom en dit wat Hy wil kom oopbreek. Mag ons vorentoe kyk en nie aan die verlede se mislukking vashou nie. Mag ons op kyk want dit is Hy wat alles anders maak.


Leave a comment

One thought on “Saksofoonklanke en musiek vir die hart

  • Esme Roller

    Wilna, jou besonderse skryfwerk is vir my soos die mooiste mooi saksofoonklanke…moet nooit ophou SPEEL nie!

    Soooo dankie vir die deel!