Wie is ek?


Ek is sommer net iemand wat daarvan hou om soms met woorde te speel soos mosaïk teëltjies. Ek maak woordprentjies omdat ek dit geniet en daarom deel ek dit met jou – miskien is daar vir jou ook iets wat jou laat glimlag, of jou hart raak. Ek is nie ‘n skrywer nie, maar ek wil graag leer en oefen daarom is jou vormingskritiek vir my kosbaar. Gesels saam en deel jou opinie. Ek maak graag nuwe vriende en leer ken ou vriende op ‘n dieper vlak.
Wilna Smith