{"id":138,"date":"2011-08-31T19:01:18","date_gmt":"2011-08-31T17:01:18","guid":{"rendered":"http:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=138"},"modified":"2011-08-31T19:56:06","modified_gmt":"2011-08-31T17:56:06","slug":"aaron-se-kierie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=138","title":{"rendered":"A\u00e4ron se kierie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: left;\" align=\"center\"><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/3225843648_24a573fbf4.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-thumbnail wp-image-154\" title=\"3225843648_24a573fbf4\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/3225843648_24a573fbf4-150x150.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a>Soms voel dit of die winter van die lewe my gaan verswelg en vir ewig in sy ongenaakbare greep gaan vasklem. Die koue van seerkry en alleen worstel maak my hart dood en gevoelloos soos dom vingers op \u2018n wintersoggend. Soms is daar \u2018n sprankie hittehoop wat nuwe lewe laat spruit. Ironies egter dat die swartste ryp die geringste nuutprobeer vir altyd wil stilmaak totdat ek, te bang om weer te waag, vaalwit in \u2018n hoekie gaan sit, of meganies ongesiens deur die lewe sleep. O\u00ebnskynlik in takt maar hopeloos sonder impak.<\/p>\n<p>Moses het A\u00e4ron se dro\u00eb en lewelose kierie in die tempel gaan sit en gewag.<\/p>\n<p>Soms is dit al wat ons kan doen in die winterste winter. Geduldig wag. Bid as ons nog kan. Maar ongetwyfeld wag. Of is dit juis twyfelend wag?<\/p>\n<p>Kosbaar is dit as ek vriende het wat my seerste seer en dorre droog namens my in die tempel kan gaan neerl\u00ea by die voete van my Ho\u00ebpriester. Met opregte omgee-luister bou hulle vir my \u2018n bed en met gebed laat sak hulle my lam lyf deur die tempeldak tot vlak voor Jesus.<\/p>\n<p>Ek voel doelloos en dom, onvergenoegd en onbewus van dit wat Hy reeds lankal in my hart kom plant het. Die vrug van behoort, doel en roeping l\u00ea dormant en verberg vir my en die w\u00eareld se blinde, selfgefokusde o\u00eb.<\/p>\n<p>Moses het vroeg een oggend terwyl die tortelduif deur die teer groen blare koer na die tempel gestap. Verbaas het hy A\u00e4ron se kierie met nuwe groei gesien. Nie net was dit oortrek met bloeisels nie maar daar was trosse ryp amandels aan!<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/Buds-of-Almond.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-thumbnail wp-image-141 alignright\" title=\"Buds-of-Almond\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/Buds-of-Almond-150x150.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a>Iewers in my kom iets draai. Oral staan veldblommetjies in bloei, vo\u00ebltjies besef dat dit weer tyd geword het om te sing. Die skepping besing Sy lof in afwagting van die die nuwe dag. Die hoop kom vou oop in my gemoed soos fyn wit bloeisels. Ek voel die lewe stadig maar bruisend terugbeur deur my are. Ek sien weer raak, maak planne, ek droom weer. Daar is liefde, daar is lewe en daar is die soet geur van hoop wat my optrek uit my lam bed. Ek kyk op en sien in Sy o\u00eb, S\u00fd liefde, S\u00fd geloof in my klein lewe en die sekerheid van S\u00fd beloftes vir my. Van hierdie oorvloed in Hom ervaar ek maar klein druppeltjies wat al reeds vir my groots en oorweldigend is. My dankbare trane stoom oor my wange en val op vrugbare grond want vandag is ek weer gereed om te groei!<\/p>\n<p>A\u00e4ron se blommende kierie het die boodskap gedra dat God magtige dade vir Israel sou doen. Hy het \u2018n plan en roeping vir A\u00e4ron se lewe gehad, hy moes blom waar God hom geplant het. Nie alleen het Hy hom uitgekies vir \u2018n spesiale taak nie, maar Hy het hom ook toegerus.<\/p>\n<p>Ons vrolike lente-tyd kan ons laat dartel en draai en soms selfsugtig en uitspattig om onsself laat tol. Maar in die lente moet ons ons wortels diep stoot tot in die Rivier wat vanuit die tempel vloei. Op die manier sal ons kan staande bly, groei en selfs blom wanneer die winter weer kom. Die winter kom altyd weer, maar die Lewende Water is selfs meer getrou.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/Natures-Best-Gift-During-Spring-Season_008-660x440.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-thumbnail wp-image-140\" title=\"Natures-Best-Gift-During-Spring-Season_008-660x440\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/Natures-Best-Gift-During-Spring-Season_008-660x440-150x150.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a>Net soos Israel die amandelkierie van A\u00e4ron in die heilige ark binne die tempel moes b\u00eare as herinnering, so gaan ek my Godgegewe bloeisels en nuwe lewe koester. Ek wil altyd weer onthou van Sy magtige dade in my lewe, Sy salwing en roeping om my in liefde te laat behoort en \u2018n verskil te laat maak in hierdie donker en koue w\u00eareld. Ek wil my kierie b\u00eare en as die snerpwinde van die lewe my lente wil kom roof, wil ek onthou dat Hy my steeds vashou en dra. Ek wil ook my kierie met bloeisels wys vir my vriende wat dalk deur \u2018n winter gaan \u2013 saam kan ons dan weet dat Jesus ons deur die woestyn sal lei.<\/p>\n<p>Vandag gaan ek begin amandelkieries versamel, en jy ?<\/p>\n<p><em>(Ps. 1, Eseg 47, Hoog. 2:10-13, Num 17, Heb 9:4, Luk 5:19)<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soms voel dit of die winter van die lewe my gaan verswelg en vir ewig in sy ongenaakbare greep gaan vasklem. Die koue van seerkry en alleen worstel maak my hart dood en gevoelloos soos dom vingers op \u2018n wintersoggend. Soms is daar \u2018n sprankie hittehoop wat nuwe lewe laat spruit. Ironies egter dat die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/138"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=138"}],"version-history":[{"count":11,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/138\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":146,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/138\/revisions\/146"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=138"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=138"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=138"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}