{"id":256,"date":"2012-07-25T04:10:28","date_gmt":"2012-07-25T02:10:28","guid":{"rendered":"http:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=256"},"modified":"2021-09-05T11:12:49","modified_gmt":"2021-09-05T09:12:49","slug":"as-meubels-kon-praat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=256","title":{"rendered":"As meubels kon praat"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/404246_101015110741_IMG_1376.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-257 size-medium\" title=\"404246_101015110741_IMG_1376\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/404246_101015110741_IMG_1376-e1630833109403-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/404246_101015110741_IMG_1376-e1630833109403-225x300.jpg 225w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/07\/404246_101015110741_IMG_1376-e1630833109403.jpg 500w\" sizes=\"(max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a>&#8216;n Groet-moment by die kis voor die lykswa vir oulaas vertrek. Vandag was weer vir my so \u2018n kis-oomblik toe hulle pa se\u00a0 twee laaikaste en chevaal kom wegry het pandtjiewinkel toe. Ek wou amper weer vir oulaas oor die hout streel en die herinneringe in die stof aan my vingers vasvang.<\/p>\n<p>Die een bal en klou laaikas het as kind in my kamer gestaan, in die hoek langs die venster. As ek my o\u00eb toemaak kan ek selfs onthou wat in elke laai was. \u00a0Ma het ook een gehad. Hare het voor haar kant van die dubbelbed in die hoofslaapkamer gestaan. In die laaie was alles netjies gepak en detail dingetjies was gesorteer in deurskynende plastieksakkies met rekkies om. Meestal is die reeds sigbare inhoud nog met \u2018n etiket op die sakkie ook nog gemerk.<\/p>\n<p>Onder die glasblad bo-op ma se eboya laaikas was daar \u2018n roosgeborduurde lappie. Voor die lappie, onder die glas het sy al haar kaartjies met mooi aanhalings ingeskuif. Een aanhaling wat ek onthou is die een van Reinholdt Niebuhr: &#8211; <em>\u201cGod, give us grace to accept with serenity the things that cannot be changed, courage to change the things that can be changed, and the wisdom to distinguish one from the other\u201d. <\/em>\u00a0Ek besef nou eers hoe <em>di\u00e9<\/em> spesefieke aanhaling my in my lewe gedra het om nie verbitterd te raak nie. Wens sy kon dinge meer gelate aanvaar en nie die wrewel \u00a0en pyn van weier-om-te-vergewe so netjies in \u2018n rekkie-sakkie in haar hart se laaie b\u00eare nie.<\/p>\n<p>Die lang cheval spie\u00ebl met laaitjie aan die onderkant was my kleintyd-snuffelplekkie waar ma haar grimering geb\u00eare het. Daar was ook \u2018n blou blikkie met \u2018n prentjie van \u2018n dogtertjie en haar hond op waarin ma haar haarrollers geb\u00eare het. \u00a0Op my knie\u00eb het ek voor die spi\u00ebel gesit en met grimerig ge\u00ebksperimenteer terwyl ek my voorkoms goedkeurend in die spie\u00ebl kon bestudeer. Jare later het Katriena my spierwit laerskoolkat haar spie\u00eblbeeld met haar gekloude voorpoot probeer bykom en soms haar ander self, agter die spie\u00ebl gaan soek. Iewers in die spie\u00ebl se glasgeheue is beeld soos: &#8230;ek in my matriekafskeidrok; &#8230;ek in my voorstelrok; &#8230;ek in soveel van die rokkies wat ma vir my met goedkoop lap, duur liefde en opoffertyd gemaak het.<\/p>\n<p>Die pantjiewinkelman het ook die sitkamerkoffietafel opgelaai. Ek het onthou hoe my fantasie dorpe onder hierdie tafel\u00a0 gebou was. Met lego, plaasdiere, karretjies en <em>cowboys<\/em> en indiane kon ek elke slag \u2018n ander werklikheid skep.<\/p>\n<p>Die lae koffietafel was lank, van donker hout met baie plek vir teken, legkaartbou en krale-inryg. Maatjies het altyd by my kom legkaart bou want ma het \u2018n hele appelboks vol legkaarte geb\u00eare vir re\u00ebndae. Op ons knie\u00eb om die Monopoly-bord het ons geleer baklei vir wat reg is, geleer vrede bewaar ter wille van die voortgaan van die spel, geleer strategies beplan, geleer Engels lees en geleer dat geluk \u2018n groot rol in die lewe speel&#8230; Vandag wil ek dit eerder genade as geluk noem. Dis nie die noodlot wat bepaal nie maar ons Vader in die hemel wat vir ons stukke afmeet. (Ps. 16:6)<\/p>\n<p>My ou skryftafel wou die pandjieswinkel nie eers gehad het nie&#8230; Ek wou nog vertel dat my pa dit <em>self<\/em> gemaak het&#8230; Die staal pote was afkomstig van my baba eetstoeltjie. Die plastiekbak-laaitjies was my eie uitvindstel wat my pa geduldig op my aandrang moes maak werk. Later het hy \u2018n laag panelite oor die houtblad geplak en in die motorhuis as werksbank gebruik. Verweer, verwaarloos maar propvol herinneringe. Kosbaar \u2013 maar in die pad.<\/p>\n<p>Iemand het eenkeer ges\u00ea \u2018n begrafplaas is die plek met die meeste potensiaal \u2013 drome wat nooit geleef is nie, gedigte wat nooit geskryf is nie, planne en uitvindings wat nooit gerealiseer het nie. \u2018n Pandjieswinkel is anders. Dit is \u2018n skatkis van herinneringe wat <em>wel<\/em> gebeur het, stories wat geleef is. Party hartseer, party mooi. As meubels kon praat, wat sou hulle vertel&#8230;?<\/p>\n<p><em>(5 Januarie 2010)<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Groet-moment by die kis voor die lykswa vir oulaas vertrek. Vandag was weer vir my so \u2018n kis-oomblik toe hulle pa se\u00a0 twee laaikaste en chevaal kom wegry het pandtjiewinkel toe. Ek wou amper weer vir oulaas oor die hout streel en die herinneringe in die stof aan my vingers vasvang. Die een bal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[11],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/256"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=256"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/256\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":405,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/256\/revisions\/405"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=256"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=256"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=256"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}