{"id":276,"date":"2013-10-22T04:39:42","date_gmt":"2013-10-22T02:39:42","guid":{"rendered":"http:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=276"},"modified":"2024-09-16T05:47:28","modified_gmt":"2024-09-16T03:47:28","slug":"saksefoon-klanke-en-musiek-van-die-hart","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=276","title":{"rendered":"Saksofoonklanke en musiek vir die hart"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/sax2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-thumbnail wp-image-299\" title=\"sax2\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/sax2-150x150.jpg\" alt=\"\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a>Verlede jaar met my veertigste verjaardag het \u2018n vriendin my verseker dat daar \u2018n opwindende nuwe era vir my aangebreek het. Vir haar het daar persoonlik ook \u2018n paar pennies begin dieper val op di\u00e9 ouderdom. Haar verhouding met die Here en roeping het \u2018n ryker nuwe dimensie bygekry. Ek het my eerste jaar in die vierde dekade van ek-wees baie intens beleef met heelwat persoonlike groei. Miskien sal ek later van die beleef van die jaar kom deel hier op Deelgoed.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright  wp-image-293\" title=\"wilna2\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/wilna2.jpg\" alt=\"\" width=\"195\" height=\"195\" \/>Daar is dalk sommiges van julle wat gehoor het dat ek onlangs op\u00a0hierdie gevierde ouderdom leer om saksofoon te speel! Laat ek egter die geskiedenis terugloop tot by my Laerskooldae. Agter in die huis, in die hoek van ons eetkamer het die regop Otto Bach klavier gestaan. Soos baie maats van daardie tyd was klavierles deel van my vormingsjare. Ek het gevorder tot aan die begin van Unisa graad 3 eksamen. Ek was egter \u2018n musikale probleemkind. Ek het dit nie geniet nie, nie juis geoefen nie en was sekerlik my musiekonderwyser se nagmerrie. Met die instap in die Ho\u00ebrskool het ek besluit om uit te stap op die musiekdrome wat my ouers vir my gehad het. Noodgedwonge het ek die note neergel\u00ea en begin hardloop in \u2018n ander rigting.<\/p>\n<p>Ek kon my musiekkennis egter weer gebruik toe ek in matriek \u2018n program vir die rekenaarolimpiade moes skryf waar ek FAK-liedjies deel gemaak het van my opvoedkundige bye-speletjie. Ek het glad \u2018n eerste prys losgeslaan wat aan my \u2018n 286 rekenaar sonder \u2018n hardeskyf besorg het maar dis \u2018n storie vir \u2018n ander dag&#8230;<\/p>\n<p>Die Here het vir my \u2018n musikale man gegee wat klavier, keyboard en kitaar kan speel. Ek was dankbaar daaroor en het gehoop dat my swakker musiekgene darem bietjie uitgekanseleer sou word veral as ek bydra tot die breingene in ons kinders. Twee jaar gelede besluit Pieter om ons gesin se musiekale belewenis uit te brei en koop djembes en conga dromme, viool vir Talita en baskitaar vir hom. Ek voel \u2018n kriewel hier van die toon af opkruip. Wat van \u2018n&#8230; saksofoon? Kan ek nie dalk oor begin nie? Dalk sal my musiekman my kan help om te ondek wat ek nog altyd gemis het. Ons koop toe vir my &#8216;n alt saksofoon.<\/p>\n<p>Ek giet \u2018n nuwe herhaalfrase in my gedagtes wat ek begin uitspreek en deel, dalk om mense te waarsku en voor te berei vir wat wag.<\/p>\n<blockquote><p>Jy hoef nie noodwendig die beste in iets te wees om dit te geniet nie!<\/p><\/blockquote>\n<p>Ek het met saksofoonlesse begin. Aanvanklik het Pieter ges\u00ea ek klink soos n gans&#8230; Later het hy gereken ek klink darem al gans anders!! Seker maar omdat hy besef het watter gans die goue eiers l\u00ea&#8230; Ek het gevorder tot by <em>Mary had a little Lamb<\/em><em>&#8230; <\/em>Daar was klank en kopkennis maar geen openbaring of diep vreugde nie!<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/leuens2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-303\" title=\"leuens2\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/leuens2-300x262.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"262\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/leuens2-300x262.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/leuens2-1024x894.jpg 1024w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/leuens2.jpg 1127w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Toe kom die Tabletskool. Toe trek ons. Toe gebeur die lewe. Toe verloor die gans sy glans en my nuwe droom trek n stofbersie oor sy kop. Van daardie met lang selfbejammering en <em>condemnation<\/em> fraaiingpunte. Ek is nie goed genoeg nie, ek moes nooit probeer het nie, maal die leuens. Ek het al begin planne maak om die instrument iewers in my huis op te hang net vir die mooi. Kyk, dis darem &#8216;n asemrowende unieke instrument sonder gelyke. Nes van die IT seuns in my klas lieries kan raak oor blink motorfietse of opgewonde vertel van die net-net raak sokkerdoel in die laaste minuut van \u2018n ligafinaal, het die instrument met die baie knoppies my bly trek en bekoor. Sy blink lyf met die soms uiters spoggerige grafeerwerk. Die ivoor \/ perlemoen knoppies sommer net vir vertoon. Die rooi of groen kuiltjies in die lae B en B mol sleutelkleppe wat vaagweg herinner aan \u2018n goue knypies bril.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/sax1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-305 alignright\" title=\"sax\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/sax1-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/sax1-300x225.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/sax1.jpg 504w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>\u2018n Week en 3 dae terug het ek egter weer begin met les by die finomenale Bella! Die keer was dit anders. Sommer van die begin af. Verbasend wat die regte onderwyser doen. Ek leer om die musiek te hoor, te voel, te geniet. Om nie bang te wees om foute te maak nie. Ek het selfs gisteraand saam met klavierbegeleiding gespeel!!! Dit was merkwaardig!! Ek maak nog baaaaie foute. Maar ek begin die musiek hoor (baie effens en nie elke keer nie) en ek mag saamspeel. Saam met Bella, saam met Pieter, selfs Dawid kom timmer soms saam op die Conga dromme langs die klavier as ek oefen. Ek is nog bang om dit te geniet en heeltemal te ontspan maar daar is iets opwindends wat wink en ek weet ek gaan ingee!<\/p>\n<blockquote><p><strong><em>Johannes 15:7<\/em><\/strong><\/p>\n<p>As julle in My <em><strong>bly<\/strong><\/em> en my <em><strong>woorde in julle<\/strong><\/em>, sal julle vra net wat julle wil h\u00ea, en julle sal dit verkry. <!--EndFragment --><!--EndFragment --><\/p><\/blockquote>\n<p>Ek het hierdie afgelope week v d eerste keer in my hele lewe elke liewe dag geoefen. Nie omdat ek moes nie, maar omdat ek wou! Nie omdat elke dag n rasende sukses was nie maar omdat ek besef het dat as ek tyd spandeer met my instrument ek sal groei!<\/p>\n<p>Saterdagaand toe ek Joh 15 in die Message lees besef ek dat ons onsself maar mag tuismaak in Sy teenwoordigheid. Ons mag ons skoene uitskop. Sy Woord vashou, bekyk, bewonder al het dit nog nie deurgebreek in ons eie gees of fisiese situasie nie. Ek mag Sy teenwoordigheid geniet, al het ek nog &#8216;n laaaang pad om te groei.<\/p>\n<p>Die Strongs verwysing in my NKJV verduidelik die Grieks vir <strong><em>Abide<\/em><em> in me<\/em><\/strong> met: <em>to stay (in a given place, state, relation or expectancy) abide, continue, dwell, endure, be present, remain, stand, tarry for thine own, remain, dwell, continue.<\/em><\/p>\n<p>Bly in Hom <em><strong>totdat<\/strong><\/em> jy vrug dra, <em><strong>terwyl<\/strong><\/em> jy vrug dra en <em><strong>selfs al dra jy nie vrug nie<\/strong><\/em> want die deurbraak sal kom! Nie noodwendig vandag nie, maar verseker.<strong><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<blockquote><p><!--StartFragment -->Hierin is my Vader <em><strong>verheerlik<\/strong><\/em>, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.<br \/>\nSoos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. <em><strong>Bly in hierdie liefde van My.<\/strong><\/em><!--EndFragment --><\/p><\/blockquote>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/saxophone2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright\" title=\"Saxophone3\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/11\/saxophone2.jpg\" alt=\"\" width=\"180\" height=\"198\" \/><\/a>Die Here praat soms met mens deur jou passies, stokperdjies en dinge na aan jou hart want Hy weet dat die grootste menslike vervulling en passie eintlik &#8216;n verhouding met Hom is! Hy weet dan mens se ore en hart anders werk as dit by passie-dinge kom. Ek het nog baie saksofoon stories maar ek sal dit so mettertyd met julle deel. Van die gommerige G#, die oefening van die swakste pinkie vir belangrike note. Van dink tot by die lae C en die verband tussen begeleiding en die Heilige Gees. Ek maak die stories bymekaar en sal deel tot julle moeg word.<\/p>\n<p><span style=\"font-size: revert; color: initial;\">Mag ons vandag ons kapasiteit en verwagting vergroot en wag op Hom en dit wat Hy wil kom oopbreek. Mag ons vorentoe kyk en nie aan die verlede se mislukking vashou nie. Mag ons op kyk want dit is Hy wat alles anders maak. Mag ons dit wat ons uit Sy lewende Woord ontdek en leer van Hom, deel maak van ons lewe sodat ons kan vrug dra en Hom kan verheerlik.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verlede jaar met my veertigste verjaardag het \u2018n vriendin my verseker dat daar \u2018n opwindende nuwe era vir my aangebreek het. Vir haar het daar persoonlik ook \u2018n paar pennies begin dieper val op di\u00e9 ouderdom. Haar verhouding met die Here en roeping het \u2018n ryker nuwe dimensie bygekry. Ek het my eerste jaar in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/276"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=276"}],"version-history":[{"count":31,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/276\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":450,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/276\/revisions\/450"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=276"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=276"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=276"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}