{"id":318,"date":"2014-12-01T13:56:53","date_gmt":"2014-12-01T11:56:53","guid":{"rendered":"http:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=318"},"modified":"2014-12-01T17:41:01","modified_gmt":"2014-12-01T15:41:01","slug":"stampe-en-stote","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=318","title":{"rendered":"Stampe en stote"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/wpid-Photo-20141201152848.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-thumbnail wp-image-320\" style=\"margin-left: 5px; margin-right: 5px;\" alt=\"wpid-Photo-20141201152848.jpg\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/wpid-Photo-20141201152848-150x150.jpg\" width=\"150\" height=\"150\" \/><\/a>\u0144 Skrale drie dae voor ek vir die eerste keer in my lewe die grense van my bekende in \u0144 tas gepak het om met \u0144 vliegtuig landuit te vlieg, het ek \u0144 vreemde man ontmoet&#8230; Wel, ontmoet is dalk te sterk &#8211; ons het name en nommers uitgeruil nadat sy sleepstang in my ou karretjie se neus ingeboor het!<\/p>\n<p>So \u0144 trekstang kan darem baie skade aanrig! Die verkoeler het gekraak en die waaier het van skok totaal tot stilstand gekom. Selfs die nommerplaat het in die hitte van die stryd teen my gedraai en op die pad bly l\u00ea om vir almal te wys <strong><em>wie<\/em><\/strong> se skuld dit nou <em><span style=\"text-decoration: underline;\">eintlik<\/span><\/em> was!<\/p>\n<p>My dierbare man het my vertroostend verseker dat ek maar my nuwe avontuur toer in Israel kan gaan geniet en met my terugkeer sou ek hopelik weer wiele h\u00ea. Dankie tog vir versekering!<\/p>\n<p>Ek sal later van al die toer se avontuur vertel maar eers wil ek murmererend my skade en skande met julle deel. Wie weet, dalk bekom ek wysheid in die proses.<\/p>\n<p>Die laaste dag van ons toer besluit my foon om sy o\u00eb in \u0144 gewyde oomblik te sluit en nie weer oop te maak nie. Morsdood op die dag waarop ek die huis moet laat weet hoe laat my vliegtuig terugkom. Pikswart op die dag wat my kamera met al die pap batterye in my tas gepak is. Botweg weier hy om my laaste onthou tre\u00eb in Israel af te neem.<\/p>\n<p>Vandag, vier dae na my toer sit ek steeds karloos en foonloos! Blykbaar is die paneelklopper baie besig met al die eindjaar-gefuif se duike en stampe en ons hou net asem op dat die parte sal kom voor die paneelklopper op 15 Desember sluit. Mag geen deel van die proses asseblief van die posdiens afhang nie!!! Die prognose op die foon lyk ook tot dusver baie donker&#8230;<\/p>\n<p>Minder as \u0144 maand terug moes ek die foon se skerm vervang nadat dit aan skerwe gespat het op die hospitaalvloer waar ek met wrewel in my gemoed besig was om \u0144 roomys vir my siek man te koop. Toe die blinde selfoon die vloer met \u0144 sweepslag tref het ek besef dat ek koorspen in eie boesem moet steek. Ai, mens kan jouself tog so toewikkel in self jammer en onvergenoegdheid, om van die oordeel nie eers te praat nie!<\/p>\n<p>Daarom het ek vanoggend opnuut weer besluit dat ek nie gaan kom kla oor al die fotos wat swyend in my stom foon se ingewande l\u00ea nie. Julle sal maar net moet glo dat ek op die Dooie See gedryf het!<\/p>\n<p>Vol bravade het ek en Talita die fietse opgesaal na die Pick n Pay so 2 km van ons af. Rugsak op die rug vir al die Coke wat Dawid bestel het &#8211; hy het nie verniet die motorhuis uitgevee en reggepak nie.<\/p>\n<p>Ek het die afgelope toer in Israel die voorreg gehad om die berge om Jerusalem te sien waarvan Psalm 125 praat. Ek was dankbaar dat ons dit vanuit die bus kon bestyg en bewonder. Vanoggend het ek egter ontsag gekry vir die bulte in Moreletapark, veral om ons huis.<\/p>\n<p>Ek is oortuig dat die toerhalva en poedings sommer so gesmelt het in die son, sweet en opdraendes!<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/bicyble.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-323 alignright\" style=\"margin-left: 5px; margin-right: 5px;\" alt=\"bicyble\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/bicyble-300x187.jpg\" width=\"300\" height=\"187\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/bicyble-300x187.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/bicyble-1024x640.jpg 1024w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/12\/bicyble.jpg 1920w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Halfpad het ons op &#8216;n sypaadjie in die koelte gaan sit en die sak eers bietjie ligter ge\u00ebet en gedrink. Dit was &#8216;n kosbare oomblik van saam ervaar en deel.\u00a0 Ma en dogter. Die brandblaas in die keel wat begin bedaar. &#8216;n Ligte briesie het die sweetkuiwe probeer loswikkel van ons voorkoppe. Koel, groen, kieliegrassies onder ons rooi vasklem hande wat hul greep vir eers kon ontspan. Ons het getel hoeveel verskillende vo\u00ebls ons kon hoor sing. Pers klokkieblommetjies beloer. Die kuifkop en sy maat het ons in die kiepersol kom vermaak terwyl Talita gewonder het hoe dit moet voel om in die ho\u00eb bome met hul gedraaide takke te kan rondklouter, ver bo die grond.<\/p>\n<p>Ek het besef dat as ek my kar en my selfoon gehad het, het ek hierdie kosbare oomblike nie ervaar nie. Sou die oulike mannewales van die twee houtkappers moontlik nie vandag deur mense waardeer word nie.<\/p>\n<p>Ja waarlik, rondom Jerusalem is berge (en in Moreleta is bulte); so is die Here rondom sy volk van nou af tot in ewigheid (al beleef ons soms frustrasie, pyn en teenspoed).<\/p>\n<p>Vader, dankie vir die weer-besef!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u0144 Skrale drie dae voor ek vir die eerste keer in my lewe die grense van my bekende in \u0144 tas gepak het om met \u0144 vliegtuig landuit te vlieg, het ek \u0144 vreemde man ontmoet&#8230; Wel, ontmoet is dalk te sterk &#8211; ons het name en nommers uitgeruil nadat sy sleepstang in my ou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[3],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/318"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=318"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/318\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":332,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/318\/revisions\/332"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=318"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=318"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=318"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}