{"id":338,"date":"2015-01-01T15:56:53","date_gmt":"2015-01-01T13:56:53","guid":{"rendered":"http:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=338"},"modified":"2015-01-01T15:56:53","modified_gmt":"2015-01-01T13:56:53","slug":"modderkoffie-en-grond-in-my-gemoed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=338","title":{"rendered":"Modderkoffie en grond in my gemoed"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/9424456.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft  wp-image-339\" style=\"margin-left: 10px; margin-right: 10px;\" alt=\"9424456\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/9424456-300x173.png\" width=\"216\" height=\"124\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/9424456-300x173.png 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/9424456.png 640w\" sizes=\"(max-width: 216px) 100vw, 216px\" \/><\/a> Op my onlangse besoek aan Israel was ek gefassineer deur die <em>Mud coffee<\/em> van Israel. Ook bekend as <em>Kaf\u00e9 Botz<\/em>. Die geheim van die smaak en aroma l\u00ea in die fyngemaalde geroosterde koffiebone wat net so met kookwater gemeng word. Sonder filter of fieterjasies. Aanvanklik l\u00ea hierdie gemaalde koffie bo en is daar verseker grondige rede om dit nog nie te drink nie. Nadat dit effe gestaan het, sak die growwe grondkoffie af na die bodem en vorm \u0149 modderlagie. \u00a0Nou kan jy hierdie sterk koffie stadig geniet tot bykans die laaste slukkie.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/glass.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright  wp-image-345\" style=\"margin-left: 10px; margin-right: 10px;\" alt=\"glass\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/glass.jpg\" width=\"164\" height=\"151\" \/><\/a>Tradisioneel word dit swart, sonder melk in \u0149 glas gedrink \u2013 seker vir almal om die modderige\u00a0brousel te sien. Tydens die diaspora het Jode oraloor in die w\u00eareld te doen gekry met koffie en die verbouing daarvan. Met hulle terugkeer na Israel in die laat 1940\u2019s en 50\u2019s het Jode toegerus met hierdie kennis hul eie besondere koffiekultuur kom vestig. Dit het egter \u0149 sterk tradisionele Turkse koffie invloed gehad.<\/p>\n<p>Ek wou al lankal hieroor skryf maar omdat dit dalk op tone kon trap en die modder in my eie gemoed mag ontbloot, het ek gehuiwer. Dalk moes ek ook eers wag dat die droes gaan l\u00ea voordat ek kon gesels oor dit wat grof was op my tong. Daar het veral 3 beelde in my gedagtes kom draai en ek gaan dit in drie afsonderlike stukkies publiseer. Die tone-trap is eers anderdag. \ud83d\ude42<\/p>\n<p>2014 was \u0149 moeilike jaar vir ons as gesin. Daar was intense emosies en mat-onder-my-uitruk dae. Ek het aan myself as ma en mens begin twyfel. Ek het besef dat ek by verre nie al die antwoorde het nie. \u00a0Ek het gesien hoe die gate in my eie menswees net soos asetoon op polistireen deurvreet op my kinders. Want sien, as kind leer ons soms verdedigingsmeganismes aan om <em>&#8216;ok&#8217;<\/em> en te kan wees en te kan <em>&#8216;cope&#8217;<\/em> met situasies in die huis. Hierdie metodes werk nie noodwendig 30 of 40 jaar later in jou eie huis nie. Jou verdedigingsmeganismes het dalk die seer uitgehou maar dit het dalk naby wees en omgee op \u2018n armlengte bly hou.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/186367177-e1420120293594.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright  wp-image-340\" alt=\"186367177\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/01\/186367177-300x222.jpg\" width=\"210\" height=\"155\" \/><\/a>Daar was grond in my hart. Daar was grond in heelwat van my dae. Daar was bid in my dae, daar was smeek in my dae. Soms was my dae net stomp. Maar iewers het daar \u0149 draai gekom&#8230; Die Here kom altyd deur al voel dit of die nag nie gaan eindig nie.<\/p>\n<p>Dit is juis in hierdie donker oomblikke waar ons ons o\u00eb so styf toeknyp dat ons nie die lig wat wel deurkom sien nie. Ons konsentreer so op die grofheid van die probleme en die lank wag vir die uitsak van die modder in ons lewe, dat ons die aroma mis. As ek terugkyk oor 2014 kan ek soveel oomblikke sien waar daar wonderwerke gebeur het maar ek sien ook dat ek soos \u0149 muil met oogklappe soms steeds bly vaskyk het in die dartelende draaiende growwe kolle wat nog ver van uitgesak was. Mag ons in 2015 ons nie vas staar in situasies wat nog grof in ons hart en lewens l\u00ea nie maar mag ons fokus op die aroma en lig wat deurkom wanneer Hy in liefde inkom in die dele wat ons so wil toehou. Ons weet dat speserye juis hul geur kom vrystel as dit gekneus word, as dit gemaal word \u2013 so moenie dink jy gaan die maal vryspring nie. Maar moenie die reis mis en die smaak misproe deur net te konsentreer op die grond nie.<\/p>\n<p align=\"center\"><i>When love hurts you, dare to love again. When someone is hurting, dare to help them heal \u2013 even if it means loving them unconditionally. Isn\u2019t that what Jesus did?<br \/>\n<strong> \u2013 My paraphrase of Steve Maraboli\u2019s quote.<\/strong><\/i><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op my onlangse besoek aan Israel was ek gefassineer deur die Mud coffee van Israel. Ook bekend as Kaf\u00e9 Botz. Die geheim van die smaak en aroma l\u00ea in die fyngemaalde geroosterde koffiebone wat net so met kookwater gemeng word. Sonder filter of fieterjasies. Aanvanklik l\u00ea hierdie gemaalde koffie bo en is daar verseker grondige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/338"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=338"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/338\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":346,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/338\/revisions\/346"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=338"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=338"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=338"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}