{"id":350,"date":"2015-05-29T06:28:45","date_gmt":"2015-05-29T04:28:45","guid":{"rendered":"http:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=350"},"modified":"2024-06-23T16:33:02","modified_gmt":"2024-06-23T14:33:02","slug":"gewone-spesiale-dinge","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=350","title":{"rendered":"Spesiale gewone dinge"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/Aida.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft\" style=\"margin-right: 10px;\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/Aida-285x300.jpg\" alt=\"Aida\" width=\"148\" height=\"155\" align=\"left\" \/><\/a>Donderdagaand is kooraand. Oudergewoonte ry ek terug in die drukte van die spitverkeer nadat ek die kinders afgelaai het. Twee en \u2018n half uur van breindood ontspan l\u00ea voor. Ek ontdek egter \u2018n cd met snitte uit Verdi se bekendste operas in die cd-speler. Skielik word die gewone spesiaal want ondeund draai ek die volume vol oop en begin die <i>groot mars<\/i> uit<i> Aida<\/i> dirigeer. By die robot slaan ek met mening die stuurwiel wat aambeeld geword het terwyl ek saam hamer op die <i>Anvil chorus<\/i>.<\/p>\n<p>Gestoord kyk die mede-padgebruikers na hierdie wuifende vrou wat hul vensters laat ratel. Daar is nie <i>fur<\/i> op die <i>dashboard<\/i> nie en die gedoef klink vreeslik formeel. Vandag pas ek nie in hulle boksie nie, want vandag het ek besluit om die gewone spesiaal te maak.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/boot.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-352\" style=\"margin-left: 10px;\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/boot-300x197.jpg\" alt=\"boot\" width=\"300\" height=\"197\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/boot-300x197.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/boot.jpg 736w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Oppad huistoe haal ek gou pos uit en ontvang die poskaart wat ek aan ons geskryf het toe ons omtrent \u2018n maand terug op \u2018n boot op die Knysnameer gebly het. Sommer net<br \/>\n<i>\u201c<strong>Aan ons&#8230;<\/strong>\u201d<\/i>,<br \/>\n<i>\u201c<strong>&#8230;van ons.<\/strong>\u201d<br \/>\n<\/i> En so word \u2018n gewone Donderdag spesiaal omdat ek weer onthou van die avonture met die anker wat Dawid met \u2018n bysteek hand moes lig.\u00a0 Ek beleef weer die drama met die vasmeerboei wat per abuis in die enjin se propeller beland het. Ek maak my o\u00eb toe en sien weer Knysna se liggies wat weerkaats op die water.<\/p>\n<p>Ek leer altyd my kinders dat daar nie altyd lekker in elke dag is nie en dat jy meeste van die tyd maar jou eie lekker moet maak. Deur bietjie te dink kan mens gewone dinge \u2018n buitengewone baadjie gee. Mens kan kosbare dinge selfs nog meer kosbaar maak deur dit nie soos <i>Smeagol<\/i> in <i>Lord of the Rings<\/i> alles vir jouself te wil hou nie, maar deur dit eerder uit te deel.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=13\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft  wp-image-15\" style=\"margin-right: 10px;\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/07\/rosebud2-300x271.jpg\" alt=\"rosebud2\" width=\"194\" height=\"176\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/07\/rosebud2-300x271.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/07\/rosebud2.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 194px) 100vw, 194px\" \/><\/a>Ek het \u2018n tyd terug in <a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=13\">Porseleinkoppie se Stempel<\/a> vertel van my ma se roosknop-teestel. Daarin het ek juis gepleit dat ons nie spesiale goed moet b\u00eare vir die <b><i>eendag<\/i><\/b> wat dalk nooit kom nie, maar dat ons dit nou reeds moet geniet en koester. Ek het daarna begin om my ma se teestel stuksgewys weg te gee aan van my hartsvriendinne met wie ek \u2018n stukkie van my ma wou deel. Ek het na haar dood verlang na familie en behoort. Dalk het ek met die gee van dit wat vir <i>ons<\/i> kosbaar was, gehoop om <i>dit<\/i> juis te behou.<\/p>\n<p>Kort voor lank, het ek van die hele teestel net die suikerpot oorgehad.<\/p>\n<p>Dit bring my by nog \u2018n uitsonderlike vakansie-onthou.<\/p>\n<p>Ons is \u2018n paar tuisskool mammas wat tans deur \u2018n reeks onderwerpe met ons dogters werk. Onderwerpe soos om jou skoonheid deur die Here se o\u00eb te sien, die geheim van fisiese skoonheid en nog baie meer. Een van die onderwerpe moes tydens \u2018n spesiale ma-en-dogter \u00a0\u2018spogtee\u2019 bespreek word. Daar moes regte porseleinkoppies wees vir die gesprek. Ek en Talita moes nog hierdie afspraak nakom.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/Die-Koffiehuis.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright  wp-image-353\" style=\"margin-left: 10px;\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/Die-Koffiehuis-225x300.jpg\" alt=\"Die Koffiehuis\" width=\"162\" height=\"216\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/Die-Koffiehuis-225x300.jpg 225w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/Die-Koffiehuis-300x400.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/Die-Koffiehuis.jpg 720w\" sizes=\"(max-width: 162px) 100vw, 162px\" \/><\/a>In Sedgefield ontdek ek die perfekte koffiewinkel vir hierdie afspraak. Nou net plan maak met die porseleinkoppie want hierdie koffiewinkel se koppies is gewone vaalwit keramiek. Die dag voor die afspraak ontdek ek \u2018n oudhedewinkel met baie spesiale porseleinkoppies. Sommer met die instapslag val my o\u00eb op die twee roosknop teekoppies in die vertoonkas. Dit lyk op &#8216;n haar na presies dieselfde as my ma se teestel wat stuk-stuk by my hartsmense beland het. Wat is die kans? Hoe ongelooflik kosbaar is dit? En saam met die koppies is daar nog twee koekbordjies ook. As mens die gewone begin spesiaal maak dan word die spesiale onge\u00ebwenaard kosbaar!<\/p>\n<p>Die twee dames by Die Koffiehuis deel dadelik in my opgewondenheid en verrassingsplanne. \u201cMevrou, my dogter verjaar ook amper\u201d vertel die een. \u201cHierdie is nie \u2018n verjaardag nie\u201d s\u00ea ek. \u201cDis sommer \u2018n gewone spesiale dag wat ons gaan geniet.\u201d Versigtig vat die ander een die roosknopkoppies en belowe om die warmsjokolade daarin te bring. Mens mag mos gesofistikeerd wees en steeds drink waarvan jy die meeste hou? Ma\u2019s verstaan mos hul kinders se binneharte!<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/tee.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-354 alignleft\" style=\"margin-right: 10px;\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/tee-300x227.jpg\" alt=\"tee\" width=\"240\" height=\"182\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/tee-300x227.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/05\/tee-1024x776.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 240px) 100vw, 240px\" \/><\/a>So geniet ons tweetjies \u2018n bederfgeleentheid in mekaar se geselskap. Ons begin om ons harte te deel, ons swakhede aan mekaar te erken en aan die einde bid ons saam en ons harte jubel oor bederf roosknopkoppies en warmsjokolade en \u2018n saamloop-verhouding wat ons Hemelse Vader lank reeds terug al vir ons beplan het. Iewers in die kombuis staan twee vroue en gesels oor hul dogters by die huis en dalk, net dalk, besluit hulle om die gewone, soms le\u00eb dag-tot-dag lewe vir \u2018n oomblik om te keer en blomme daarin te gaan rangskik.<\/p>\n<p><em>(Kliek gerus op die fotos ek het veral die eerste twee spesiaal saamgesel in Photohop vir hierdie deelstukkie)<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Donderdagaand is kooraand. Oudergewoonte ry ek terug in die drukte van die spitverkeer nadat ek die kinders afgelaai het. Twee en \u2018n half uur van breindood ontspan l\u00ea voor. Ek ontdek egter \u2018n cd met snitte uit Verdi se bekendste operas in die cd-speler. Skielik word die gewone spesiaal want ondeund draai ek die volume [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,4],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/350"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=350"}],"version-history":[{"count":12,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/350\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":442,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/350\/revisions\/442"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=350"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=350"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=350"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}