{"id":370,"date":"2015-12-22T13:26:22","date_gmt":"2015-12-22T11:26:22","guid":{"rendered":"http:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=370"},"modified":"2021-09-05T17:27:00","modified_gmt":"2021-09-05T15:27:00","slug":"spinnerak-stories","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=370","title":{"rendered":"Spinnerak Stories"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-373 size-medium\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/spiderweb-e1630855012770-300x300.jpg\" alt=\"spider-1920-1080-wallpaper\" width=\"300\" height=\"300\" \/>Ek geniet dit om met silwer woorddraadjie-prentjies te maak. As ek soms \u0149 stukkies klaar aanmekaar geweef het en ek dan die volle prentjies sien, is al die los drade en taai gedagtes netjies georden en kan ek meestal aan beweeg. 2015 was \u2018n dol jaar (soos meeste ander jare), daar was nie tyd vir draadjies uithang en glinsterende doudrupples bewonder nie. Soms kan mens ook nie al die taai drade in jou kop uithang vir ander om te sien nie, want dit is nie altyd jou eie drade nie, dis ander naby jou s\u2019n en dit is hul private eiendom. Tog gom dit jou kop toe maar dis nie vir die w\u00eareld om te lees nie. Selfs eie wroeg is soms beter om maar binne te los want netnou stuur een van jou lesers die mense met die witjassies om jou in \u0149 kokon te kom toedraai en weg te neem.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-371\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/jumping-spider-eyes-9-300x195.jpg\" alt=\"jumping-spider-eyes-9\" width=\"300\" height=\"195\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/jumping-spider-eyes-9-300x195.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/jumping-spider-eyes-9.jpg 400w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Sedert ons in 2014 begin tuisskool het, het my o\u00eb anders begin kyk na soveel dinge. Ewe skielik moes ek standpunt begin inneem oor dinge wat ek maar gehoop het die skool of die kerk my kinders sal leer. Ek kon ook nie meer my eie swakhede en foute mis kyk nie.<\/p>\n<p>Julle ken almal die frustrasie van \u0149 geswelde deur of \u0149 skuifdeur met uitgewerkte rolwieletjies. Vermyding is dan soms die beste \u2013 daar is mos ander deure ook. Stel jou voor dis jou enigste deur in die huis&#8230;<\/p>\n<p>Iets soortsgelyk gebeur wanneer die ma van die huis die enigste juffrou word. Jy moet werk aan jou foute want jy is nou die belangrikste deur vir jou kinders en ewe skielik kan jou enkele ongeslypte foute die grootste hindernis word.<\/p>\n<p>Jy sien skewe draadjies in jou kinders se mondering en probeer dit reguit trek. Maar in die stoei sien jy dat daardie selfde drade en ander belangrike ankerdrade nog al die jare in jou ook skeef gespan was. Dit pla jou byna nie meer nie want jy het geleer om die kern van jou lewensweb weg te span van jou tekortkomings maar die vlieg in die salf laat jou met \u0149 trilling besef dat as jy jou kind wil help moet jy eers aandag gee aan jou eie swak drade.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-372 alignleft\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/spider-and-web-300x200.jpg\" alt=\"spider-and-web\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/spider-and-web-300x200.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/spider-and-web-768x512.jpg 768w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/spider-and-web.jpg 800w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Ek het sedert September iets van myself besef wat mense om my, veral my laerskool onderwysers, dalk reeds geweet het maar ek was totaal onbewus daarvan. Ek wil graag dapper genoeg wees om my pad met julle te deel. Ek werk nog draadjie vir draadjie deur hierdie kontroversi\u00eble onderwerp. Mense wat nie verstaan nie maak dit meestal meewaardig af as swak ouerskap, onbekwame onderwysers en gebrek aan selfdissipline. Tuisskolers het ook sterk opinies oor hierdie onderwerp. Ek weet nog nie alles nie, maar wat ek geleer het maak vir my sin en laat my met \u2018n beter begrip vir myself.<\/p>\n<p>En so gaan ek julle eers aan \u0149 draadjie laat hang totdat ek genoeg moed het om verder te skryf. Ek wil dit doen, nie om in die middel van die web te gaan sit vir vertoon nie, maar ek wil dit doen om die gom in my kop uit te span sodat \u00e9k kan sien. En wie weet, dalk, net dalk help dit iemand anders daar buite.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek geniet dit om met silwer woorddraadjie-prentjies te maak. As ek soms \u0149 stukkies klaar aanmekaar geweef het en ek dan die volle prentjies sien, is al die los drade en taai gedagtes netjies georden en kan ek meestal aan beweeg. 2015 was \u2018n dol jaar (soos meeste ander jare), daar was nie tyd vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":373,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[3],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/370"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=370"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/370\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":414,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/370\/revisions\/414"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/373"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=370"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=370"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=370"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}