{"id":94,"date":"2011-08-13T04:22:36","date_gmt":"2011-08-13T02:22:36","guid":{"rendered":"http:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=94"},"modified":"2025-04-13T08:46:39","modified_gmt":"2025-04-13T06:46:39","slug":"ware-geluk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/?p=94","title":{"rendered":"Ware geluk"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-148\" src=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/921-300x187.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"187\" srcset=\"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/921-300x187.jpg 300w, https:\/\/www.deelgoed.co.za\/wp-content\/uploads\/2011\/08\/921.jpg 530w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n<p>Wat is geluk?<\/p>\n<p>Is dit \u2018n geborrel\u00a0 in jou gemoed? Is dit vrede, kalmte? Is dit \u2018n gevoel of is dit \u2018n ingesteldheid?<\/p>\n<p>In die film Hook, het Peter Pan ges\u00ea mens het net<em> \u2018one happy thought\u2019<\/em> nodig om te kan vlieg&#8230; As die eerste paar dinge waaraan jy kan dink swart is, dink langer&#8230;<\/p>\n<p>Wat is swart? Is dit die afwesigheid van wit? Of is dit net te veel swart?<\/p>\n<p>Wanneer is mens ongelukkig? Wanneer jy nie gelukkig is nie of wanneer die ongeluk, seer of hartseer te groot is?<\/p>\n<p>Vind \u2018n mens geluk in jouself?<\/p>\n<p>Gelukkig is hy wat gelukkig kan wees sonder ander.<br \/>\nGelukkiger is hy wat gelukkig kan wees ten spyte van ander.<\/p>\n<p>Gelukkig is hy wat die voorreg het om sy geluk met iemand kan deel.<br \/>\nGelukkiger is hy wat sy hartseer kan halveer deur dit met iemand te kan deel.<\/p>\n<p>Is mens gelukkiger as hy nie nodig het om sy hartseer met iemand te deel nie? Is hy sterker?<\/p>\n<p>As \u2018n plant vaal verdor het, is al wat hy werklik nodig het seker net water? Nie die klank van water, of \u2018n prentjie van water nie. Nie net gesels oor die dors na water nie, of selfs nie die wegredeneer van die versugting na water nie, maar emmers vol water! Johannes 4:14 verseker ons van die krag van die Lewende water waarna ons eintlik smag as ons soos \u2018n bokkem deur \u2018n stram glimlag die w\u00eareld probeer oortuig dat ons \u2018OK\u2019 is. Kom na Jesus almal wat moeg en oorlaai is (Mat. 11:28). Troos, vrede, rus en ware geluk kom alleen van Hom. Sy lewenswater ontketen \u2018n fontein wat nuut maak. Sy water misken nie die rou wonde, verwardheid of sommer net frustrasie nie, maar dit bring genesing as dit oor tyd daarin geweek word&#8230;<\/p>\n<p>Selfs in die swartse gate is daar hoop. In die kern is daar altyd Jesus met uitgestrekte arms gereed om jou te vang as dit vir jou voel of die kolk jou uitmekaar gaan trek. Sluit jou o\u00eb in gebed om Jesus te sien \u2013 die antwoord op elke raaisel.<\/p>\n<p><em>Amen<\/em><\/p>\n<blockquote><p>Joh 4:14 \u201cmaar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom&#8217;n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.&#8221;<\/p>\n<p>Mat 11:28 \u201cKom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p><em><strong>There is Light in black holes&#8230;!<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat is geluk? Is dit \u2018n geborrel\u00a0 in jou gemoed? Is dit vrede, kalmte? Is dit \u2018n gevoel of is dit \u2018n ingesteldheid? In die film Hook, het Peter Pan ges\u00ea mens het net \u2018one happy thought\u2019 nodig om te kan vlieg&#8230; As die eerste paar dinge waaraan jy kan dink swart is, dink langer&#8230; [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[3,4],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/94"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=94"}],"version-history":[{"count":11,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/94\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":451,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/94\/revisions\/451"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=94"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=94"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.deelgoed.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=94"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}