Ek geniet dit om met silwer woorddraadjie-prentjies te maak. As ek soms ʼn stukkies klaar aanmekaar geweef het en ek dan die volle prentjies sien, is al die los drade en taai gedagtes netjies georden en kan ek meestal aan beweeg. 2015 was ‘n dol jaar (soos meeste ander jare), […]
Wilna Smith
Donderdagaand is kooraand. Oudergewoonte ry ek terug in die drukte van die spitverkeer nadat ek die kinders afgelaai het. Twee en ‘n half uur van breindood ontspan lê voor. Ek ontdek egter ‘n cd met snitte uit Verdi se bekendste operas in die cd-speler. Skielik word die gewone spesiaal want […]
Op my onlangse besoek aan Israel was ek gefassineer deur die Mud coffee van Israel. Ook bekend as Kafé Botz. Die geheim van die smaak en aroma lê in die fyngemaalde geroosterde koffiebone wat net so met kookwater gemeng word. Sonder filter of fieterjasies. Aanvanklik lê hierdie gemaalde koffie bo […]
ń Skrale drie dae voor ek vir die eerste keer in my lewe die grense van my bekende in ń tas gepak het om met ń vliegtuig landuit te vlieg, het ek ń vreemde man ontmoet… Wel, ontmoet is dalk te sterk – ons het name en nommers uitgeruil nadat […]
Verlede jaar met my veertigste verjaardag het ‘n vriendin my verseker dat daar ‘n opwindende nuwe era vir my aangebreek het. Vir haar het daar persoonlik ook ‘n paar pennies begin dieper val op dié ouderdom. Haar verhouding met die Here en roeping het ‘n ryker nuwe dimensie bygekry. Ek […]
“Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.” ( 1 Pet 3:15) Wat lewe in jou? Ek het so ‘n rukkie terug 5uur soggens begin stap. Behalwe dat dit veronderstel was om goed te […]
‘n Groet-moment by die kis voor die lykswa vir oulaas vertrek. Vandag was weer vir my so ‘n kis-oomblik toe hulle pa se twee laaikaste en chevaal kom wegry het pandtjiewinkel toe. Ek wou amper weer vir oulaas oor die hout streel en die herinneringe in die stof aan my […]
Ons is telkens so besig om ons eie lewe te beplan en te bou, dat ons soms die hele prentjie miskyk. Maar kyk ons op, sien ons die Legkaartmaker wat vir ons ‘n spesiale toekoms en verwagting wil gee en wil help bou. (Jer. 29:11) Die volgende gedig het ek […]
Google bied al ‘n geruime tyd gratis aanlyn padkaarte vir nie-kommersiële gebruik aan sodat ek en jy ons roetes kan beplan hetsy ons nou per voet, motor, fiets of publieke vervoer gaan reis. Aanvanklik het Google satellietbeelde gebruik om kaarte ‘n groter visuele element te gee. Die visuele en pret-faktor is uitgebrei met die […]
Deelgoed het aanvanklik ook in my kop kom lê omdat ek graag met mense wil deel wat ek lees en kyk en beleef. Ek wil met my leke resensies oefen om te skryf en myself leer om te reflekteer en te verwoord en hopelik myself dwing om dieper te ervaar. […]
Moeder Raaf skryf hierdie jaar weer na byna drie dekades graad 4 eksamen. Die week stoei ek en my oudste deur die Wetenskap en leer van soute in seewater. Gewone tafelsout (natriumchloried) is een van die soute wat opgelos is in seewater. Saam verwonder ons ons aan die Dooie See […]