Donderdagaand is kooraand. Oudergewoonte ry ek terug in die drukte van die spitverkeer nadat ek die kinders afgelaai het. Twee en ‘n half uur van breindood ontspan lê voor. Ek ontdek egter ‘n cd met snitte uit Verdi se bekendste operas in die cd-speler. Skielik word die gewone spesiaal want […]
hartsgoed
Op my onlangse besoek aan Israel was ek gefassineer deur die Mud coffee van Israel. Ook bekend as Kafé Botz. Die geheim van die smaak en aroma lê in die fyngemaalde geroosterde koffiebone wat net so met kookwater gemeng word. Sonder filter of fieterjasies. Aanvanklik lê hierdie gemaalde koffie bo […]
Verlede jaar met my veertigste verjaardag het ‘n vriendin my verseker dat daar ‘n opwindende nuwe era vir my aangebreek het. Vir haar het daar persoonlik ook ‘n paar pennies begin dieper val op dié ouderdom. Haar verhouding met die Here en roeping het ‘n ryker nuwe dimensie bygekry. Ek […]
“Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.” ( 1 Pet 3:15) Wat lewe in jou? Ek het so ‘n rukkie terug 5uur soggens begin stap. Behalwe dat dit veronderstel was om goed te […]
Soms voel dit of die winter van die lewe my gaan verswelg en vir ewig in sy ongenaakbare greep gaan vasklem. Die koue van seerkry en alleen worstel maak my hart dood en gevoelloos soos dom vingers op ‘n wintersoggend. Soms is daar ‘n sprankie hittehoop wat nuwe lewe laat […]
Ek weet ‘n mens is baie meer as jou besittings maar daar is dinge wat mens besit wat jou tog uniek identifiseer en uitken vir die wat saam met jou leef… Ek het dit vandag weer besef toe ek ‘n wit Toyota Corolla sien, soos my pa se ou motor. Ek kon my […]
Wat is geluk? Is dit ‘n geborrel in jou gemoed? Is dit vrede, kalmte? Is dit ‘n gevoel of is dit ‘n ingesteldheid? In die film Hook, het Peter Pan gesê mens het net ‘one happy thought’ nodig om te kan vlieg… As die eerste paar dinge waaraan jy kan […]
‘n wit aronskelk, onthou ons dat Sy liefde nooit verwelk al voel die riet geknak en die lamppit doof – Sy oor sal altyd hoor… my seer en nood is rou en groot en verborge diep in my kelk dit skree in my: die Dief het my vreugde geroof sal […]
roosknoppe is pienk teer blaartjies is groen wat gaan jy met hierdie koppie…. Doen ek soms die onthou-ding sien ek hierdie fraai porselein koppie waar dit geduldig, in die donker van my ma se toe buffet saam met haar porselein maats moes wag, vir ‘n spesiale dag om aan die […]