Ek geniet dit om met silwer woorddraadjie-prentjies te maak. As ek soms ʼn stukkies klaar aanmekaar geweef het en ek dan die volle prentjies sien, is al die los drade en taai gedagtes netjies georden en kan ek meestal aan beweeg. 2015 was ‘n dol jaar (soos meeste ander jare), […]
dinkgoed
ń Skrale drie dae voor ek vir die eerste keer in my lewe die grense van my bekende in ń tas gepak het om met ń vliegtuig landuit te vlieg, het ek ń vreemde man ontmoet… Wel, ontmoet is dalk te sterk – ons het name en nommers uitgeruil nadat […]
Deelgoed het aanvanklik ook in my kop kom lê omdat ek graag met mense wil deel wat ek lees en kyk en beleef. Ek wil met my leke resensies oefen om te skryf en myself leer om te reflekteer en te verwoord en hopelik myself dwing om dieper te ervaar. […]
Moeder Raaf skryf hierdie jaar weer na byna drie dekades graad 4 eksamen. Die week stoei ek en my oudste deur die Wetenskap en leer van soute in seewater. Gewone tafelsout (natriumchloried) is een van die soute wat opgelos is in seewater. Saam verwonder ons ons aan die Dooie See […]
Wat is geluk? Is dit ‘n geborrel in jou gemoed? Is dit vrede, kalmte? Is dit ‘n gevoel of is dit ‘n ingesteldheid? In die film Hook, het Peter Pan gesê mens het net ‘one happy thought’ nodig om te kan vlieg… As die eerste paar dinge waaraan jy kan […]
roosknoppe is pienk teer blaartjies is groen wat gaan jy met hierdie koppie…. Doen ek soms die onthou-ding sien ek hierdie fraai porselein koppie waar dit geduldig, in die donker van my ma se toe buffet saam met haar porselein maats moes wag, vir ‘n spesiale dag om aan die […]