‘n wit aronskelk, onthou ons dat Sy liefde nooit verwelk
al voel die riet geknak en die lamppit doof –
Sy oor sal altyd hoor…
my seer en nood is rou en groot en verborge diep in my kelk
dit skree in my: die Dief het my vreugde geroof
sal Sy oor ooit weer hoor?
Sý dou val diep – tot in my nood
Sý hand reik ver – verder as my nood
Sý oor hoor my hart se sug voordat dit my lippe raak
my klein lewe, my klein nood
hou vas?
of vou oop!
by Hom alleen is daar hoop
ek wortel in Sy lewend water – kelk my hande na bo
my oorvloed lewe basuin
deur die kelk: Hy is GROOT!!
